Gebruikte Implemente Te Koop In Vrystaat Suid Afrika

Groter, Beter, Sterker ... Agricor het sedert sy ontstaan in 2014 gegroei tot die voorste verspreiders van gebruikte landbou toerusting in Suid-Afrika. Agricor streef daarna om ‘n betroubare sake vennoot vir elke kliënt te wees deur kwaliteit gebruikte landbou toerusting van hoogstaande gehalte te lewer.

Met 11 agente wat landswyd bemark, lewer hul ‘n persoonlike en betroubare diens aan elke kliënt en fasiliteer elke transaksie tot met aflewering.

Agricor Finance bied nou ook ‘n verskeidenheid finansierings opsies vir hul kliënte. Met kontrakte by al die relevante finansiële instansies, beding hul die beste koers en termyn vir elke transaksie.

Agricor bied nou ook met trots aan 'n Nuwe Implemente afdeling. Gaan like ons Facebook blad Agricor SA om meer inligting te bekom.